$8.99

Sold by music on Tradebit
The world's largest download marketplace
3,251,083 satisfied buyers
Shopper Award

MP3 Emile Minnie - Nagmusiek

New Afrikaans songs featuring soulful piano ballads, catchy pop tunes and some good old rock and roll.

14 MP3 Songs in this album (58:45) !
Related styles: EASY LISTENING: Adult contemporary, EASY LISTENING: Cabaret



Details:
My ma sê my sangloopbaan het begin met my eerste gil, toe die dokter uitroep: "Jislaaik, maar die kêreltjie het ''n paar longe aan hom!" My ouers is baie lief vir musiek, en hulle het my van die begin af aangemoedig om my musiektalent uit te leef. Na matriek het ek Musiek en Frans geswot by die Universiteit van die Vrystaat. Hier het ek vir Johann Slabbert ontmoet, en ons twee het dadelik begin om saam musiek te maak. Dit was asof daar ''n nuwe wêreld vir my opgegaan het - ek en Johann het ure lank songs geskryf. Voorheen het ek net ander mense se gedigte getoonset - skielik het ek begin om my eie belewenisse in musiek om te sit - dis ''n wonderlike gevoel.

''n Paar jaar later het ons die Suid-Afrikaanse musiekwêreld betree as die elektro-pop duo Vlam. Ons het in 2002 ''n Kanna gewen vir ons produksie "Vonk Voort!", en twee Geraas Musiek-Toekenning nominasies gehad vir ons album "Bevonk!". Die album "Bevonk!" het ook Die Burger se top tien lys van Afrikaanse Musiekhoogtepunte gehaal.

In 2002 het ek en Johann albei besluit om solo-loopbane te volg. Dit was ''n moeilike besluit vir altwee van ons, maar ons het besef dat dit tyd was dat ons ons vlerke moes sprei. In 2003 is ek genooi om deel te neem aan ''n Internasionale Musiekfees in Chile, en in 2003 en 2004 het ek saam met die Kaapse Filharmoniese Orkes gesing op Die Burger se Kerskonserte. Dit was ongelooflik om my liedjies saam met ''n orkes te sing! In 2004 het ek onderskeidelik saam met Petronel Baard en Danièle Pascal gewerk, en ek het so baie geleer by hierdie twee diva''s. Hulle kén hulle nering!

In 2005 was ek ''n top 10-finalis in die ATKV Crescendo-kompetisie. In dieselfde jaar het ek my debuut solo-album "Onderwater Drome" bekendgestel. Die album is opgeneem deur Frank Smuts, wat ook gehelp het met die Vlam-album. Die songs op die album gaan oor die dieper sy van die liefde, en die musikante wat saam met my aan die album gewerk het (Rob Ogilvie op dromme en Malcolm Aberdein op baskitaar) het gehelp om van elke song iets besonders te maak. Dit was heerlik om vir ''n slag met ''n regte "band" op te neem! Die album word beskryf as "...een van die mooiste albums waarna jy ooit sal luister. Dit is bloot die mooiste mooi NOG!". (CJ de Swardt - Vrouekeur, 10 Feb. 2006).

In 2006 het ek saam met die super-talentvolle Nicky Jansen (baskitaar) en Jason Rosenstein (dromme) begin optree. Ons produksie "Dagbreek" is by die KKNK vir ''n Kanna benoem vir Beste Musiekteater - ons was heeltemal oorstelp! In dieselfde jaar het ek die Dagbreek-album opgeneem. Dis ''n heerlike mengsel van pop, blues en jazzy klanke - gewaarborg om ''n wip in jou stap te sit! Die song "Huisie" was ''n finalis in die International Songwriting Competition. My liedjie "Susterliefde" is ook gekies om deel te wees van die Son in Blom-album. Besoek https://www.tradebit.com om meer uit te vind oor hierdie opwindende projek. Laurika Rauch het my in 2007 gevra of sy drie van my liedjes kon opneem vir haar nuwe album - dit was vir my ''n groot eer om deel te wees van so ''n lewende legende se werk.

2008 het die geboorte gesien van my nuwe album, "Nagmusiek". Ek het ''n show in George gedoen, en na die tyd het twee uitstekende musikante, Jaco Dippenaar (kitaar) en Gert Stander (dromme) voorgestel dat ons ''n bietjie saam musiek maak. Die uiteinde was ure se speel en ''n splinternuwe album. René Piet en Frank Smuts het die opnames behartig, en ek moet sê, ek is baie geheg aan hierdie musiek. Daar is lekker vrolike nommers op, ''n wilde rock-nommer, en meesleurende ballades. In 2008 doen ek ''n landswye toer om die album te bemark -Besoek die Kalender Blad om my program te sien.

Mail my gerus as julle terugvoer wil gee, albums wil bestel, of my wil bespreek vir ''n optrede.

Sien julle by die shows

Emile

File Data

This file is sold by music, an independent seller on Tradebit.

Our Reviews
© Tradebit 2004-2024
All files are property of their respective owners
Questions about this file? Contact music
DMCA/Copyright or marketplace issues? Contact Tradebit